"Outspan" deur JOHAN MYBURG [boodskap #54020] |
Di, 27 November 2001 03:04 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
OUTSPAN
Johan Myburg
Gister 'n brief
gehad van Bill.
Die somer was nat,
skryf hy, en guur.
London ruik plek-plek
nog net so suur
soos voorheen. Niks
was soos jy jou sou
verbeel nie.
Breedvoerig brei hy
uit oor Maastricht
en die ekonomie.
Vanoggend luister
ek na die mars
uit Die liefde vir
drie lemoene, ruik
terstond die vars
sitrusreën in
die National Opera
en die London
van ons lemoenseisoen.
|
|
|